Kenners is dit eens dat beplanning vir 'n langer, gesonder lewe nie meer 'n opsie in die 21ste eeu is nie.
Volgens 'n verslag wat deur die Grey-reklameagentskap / Sweeney-navorsing gepubliseer is, is die sogenaamde baby boomers – diegene wat tussen 1946 en 1964 gebore is – besig om die reëls te herskryf oor hoe om hulle goue jare deur te bring. Dikwels beplan hulle ʼn encore-loopbaan en is hulle nie bereid om die res van hulle lewe in vergetelheid te laat vervaag nie.
Carol Weaving, top Suid-Afrikaanse bemarker en besturende direkteur van Thebe- uitstallings en -projekte, sê die mark reageer op die feit dat afgetredenes beduidende koopkrag het en 'n ekonomiese krag in hul eie reg is.
Daar word geraam dat Suid-Afrikaners teen 'n koers van meer as 1 000 per dag die 50-jaarmylpaal oorsteek. Navorsing wat deur die Universiteit van Kaapstad se Unilever-instituut en hul navorsingsvennoot Synovate onderneem is,raam dat 1,9 miljoen Suid-Afrikaners wat ouer as 40is en wat hulself in die lewensstandaardmaatstaf (LSM) tussen 7 en 10 bevind, 'n gesamentlike inkomste van R300-miljard het.
"Aftrede het 'n besigheid geword," sê Weaving. "Ons het dus 'n een-stop bemarkingsgeleentheid geskep waar die bedryf huidige en potensiële kliënte kan ontmoet om aan hulle pasgemaakte raad oor hulle aftrede te gee."
Suid-Afrika se eerste Aftree-ekspo, aangebied deur die Century Property Developments, sal van 28 tot 30 Oktober by die Coca-Cola Dome in Johannesburg gehou word. "Ons glo dit sal 'n gaping in die mark vul, en ʼn jaarlikse maatstaf word van waarheen aftrede oppad is en wat die nuutste leefstyl-aanbiedinge is," sê Weaving.
Afgesien van die produkte en dienste wat by die ekspo aangebied word, soos plaaslike en internasionale reisagente, IT-produkte, gesondheid- en voedingskundiges, finansiële en beleggingadviseurs, aftree- en leefstyloorde, kan besoekers werklik praktiese raad oor alle kwessies rakende aftrede bekom.
Eskom sal besoekers met inligting oor energiebesparing bedien, wat subsidies en terugbetalings insluit wat in sommige gevalle tot ‘n 80-persentbesparing tot gevolg kan hê.
'n Reeks werkswinkels sal deur kundiges aangebied word. Dit sluit in "Die stille epidemie", aangebied deur Adèl Grobbelaar van Rand Aid Social React, “Jou aftrede: in beheer of in krisis”, deur Sylvia Walker van Ou Mutual, “Jou grootste afrede-risiko”, aangebied deur Rob Jones van Shire Retirement Properties, “Boedelbeplanning – die spilpunt van jou aftree-legkaart”, aangebied deur Glacier, Sanlam se boedelbeplanningspesialiste, “Lewensregte”, aangebied deur Arthur Case van Evergreen Lifestyles en “Die wêreld van werkin die 21steeeu vir baby boomersen die beplanningvan jou lewe vir die volgende hoofstuk”, aangebied deur Lynda Smith van die Refirement Network.
Smith, 'n bekende aftree-begeleier, sê dat die gedagte van drie dekades van ontspanning na ʼn aftrede op 60, nie vir almal ewe aantreklik is nie. Sy fokus op aftree-tendense soos hoe om produktief te bly in die tweede helfte van jou lewe, positiewe veroudering, lewenslange leer, tegnologie en encore-loopbane.
"Moderne inligting-en kommunikasietegnologie," sê sy, "tesame met die wêreld van werk wat aan die verander is, bied aan mense ʼn verskeidenheid opsies oor hoe om hul werksverantwoordelikhede om hulle lewenstyl te plooi en hoe om weg te breek van die tradisionele 8-tot-5 werksweek. Deeltydse werk, werk van die huis af of oor ʼn afstand, fleksietydof om werk te deel is lewensvatbare opsies vir mense wat meer buigsaamheid soek.”
Op Saterdag, 29 Oktober bied Gryskrag 'n half-dag seminaar getiteld "Kreatiewe veroudering vir seniors” aan, wat strategieë vir welsyn en langlewendheid insluit, asook finansiële welsyn en die praktiese implikasies van wetgewing ten opsigte van afgetredenes.
Besoekers aan die Aftree-ekspo sal ook praktiese wenke en advies kry oor aspekte soos afslag en voordele vir afgetredenes, die voor- en nadele van emigrasie agter jou kinders aan, boedelbeplanning en mediese fondse.
Besoekers aan die ekspo kan kaartjies fisies of aanlyn by Computicket by Shoprite Checkers bekom, of by die ekspo self.
Vir meer inligting besoek www.retirementexpo.co.za of kontak René Staack by tel 011 549 8300 of rene@tepg.co.za.