FIND A RETIREMENT PLACE
FIND AVAILABLE ACCOMMODATION
SEARCH BY KEYWORDS / NAME

Find anything by name, place or keyword

Hospicare Kruinpark Roodepoort bejaardesorg, bystandsorg, trauma en chroniese hulp tuistes vir oud en jonk



Overview

Hospicare spesiale tuistes streef daarna om families van slagoffers van tydelike of permanente terugslae weer gerusstelling en lewensmoed te bied. Hier kan geliefdes in professionele en liefdevolle sorg gelaat word met die wete dat hul veilige en bekostigbare versorging sal geniet.

Die fasiliteite in Roodepoort, Heidelberg en Stellenbosch bied ‘n spektrum van pasmaak dienste:

Toesig oor Onafhanklike tuistes vir bejaardes en hulpbehoewendes Permanente Bystandsorg en volwasse dagsorg vir enkellopendes en paartjies ‘n Tuiste vir Slagoffers van:

·         COVID verwante kondisies

·         Permanent- of tydelike ongeskiktheid

·         Padongelukkefonds

·         Aandiens-beserings

·         Beroertes

·         Breindisfunksies

·         Geheueverlies

·         Dementia

·         Alzheimers

·         Parkinsinisme

·         Huntingtons se siekte

Palliatiewe sorg vir individue met chroniese kondisies:

·         Kankers

·         Orgaanverwant

·         Senuverwant

Geleë in die geborgenheid van Kruinpark Aftreeoord, bied ons ‘n tuiste vir permanente inwoners wie versorging nodig het met toegang tot mediese dokters en ‘n span opgeleide susters, verpleeg- en versorgingspersoneel wie hartlike en professionele sorg offer. Dienste sluit higiëne-, wond-, voeding-, wasgoed-, vermaaklikheid-, persoonlike sorg en terapie in. Inwoners se behoeftes bepaal die dienspakkette.

Die Dialisesentrum funksioneer apart langs die sorgsentrum en bied ‘n tydelike oase waar nierversakinglyers hul weeklikse behandeling in rustigheid ontvang. Ons professionele span is toeganklik en vriendelik en sluit ‘n nierspesialis, kliniese tegnoloog en nefrologiese verpleeg- en sorgpersoneel in wie ons pasiëte as familielede versorg.

Die dialisesentrum bied toegang tot Nefrologiese kundigheid, voor of tydens niervervangingsterapie, vir buite-pasiënte wie die risiko’s bestry teen, of ly aan nierversaking. Dit behels toegang tot bloed-, dieet- en nooddienste asook orgaan-oorplantings-mobilisasie.

Ons professionele span skep ‘n plek van gemak aan chroniese dialise pasiënte met die waardetoevoeging van WIFI, Netflix, vervoerdienste, etes en persoonlike bemagtinging om die lewe so normaal as moontlik voort te sit. Ons bied nagdialise vir werkende pasiënte.

 

Show More

Availability

Onmiddelike opname moontlik

Price

Vanaf R22 000 per persoon per maand - eenmalige opname fooi van R10,500

Images (click to view the gallery)

Read more about this facility

Has Available Accommodation

Hospicare Kruinpark Frail Care and Dialysis Cen...

Hospicare Kruinpark Frail Care and Dialysis Centre, Roodepoort – Overview At Hospicare we are proud to share many years of expertise and experience in frail and home-oriented care. Hospicare is a specialist advanced care company that offers day-care, short-term, overnight, and long-term per...