FIND A RETIREMENT PLACE
FIND AVAILABLE ACCOMMODATION
SEARCH BY KEYWORDS / NAME

Find anything by name, place or keyword

Hospicare Heidelberg bejaardesorg, bystandsorg, trauma en chroniese hulp tuistes vir oud en jonk



Overview

Hospicare spesiale tuistes streef daarna om families van slagoffers van tydelike of permanente terugslae weer gerusstelling en lewensmoed te bied. Hier kan geliefdes in professionele en liefdevolle sorg gelaat word met die wete dat hul veilige en bekostigbare versorging sal geniet.

Die fasiliteite in Roodepoort, Heidelberg en Stellenbosch bied ‘n spektrum van pasmaak dienste:

Toesig oor Onafhanklike tuistes vir bejaardes en hulpbehoewendes Permanente Bystandsorg en volwasse dagsorg vir enkellopendes en paartjies

‘n Tuiste vir Slagoffers van:

·         COVID verwante kondisies

·         Permanent- of tydelike ongeskiktheid

·         Padongelukkefonds

·         Aandiens-beserings

·         Beroertes

·         Breindisfunksies

·         Geheueverlies

·         Dementia

·         Alzheimers

·         Parkinsinisme

·         Huntingtons se siekte

Palliatiewe sorg vir individue met chroniese kondisies:

·         Kankers

·         Orgaanverwant

·         Senuverwant

Die Heidelberg span is toegespits op die versorging van hul inwoners en om ‘n plek te skep waar besoektye heerlike nuwe herinneringe skep. Die splinternuwe sorgsentrum lê aan die oostelike kant van die Suikerbosrand natuurreservaat en bied gespesialiseerde sorg vir verswakte individue wie bystand benodig as gevolg van bejaardheid of siekteverwante terugslae, asook individue wie  Palliatiewe sorg of volwasse dagsorg benodig. Die fasiliteit bied pasgemaakte lang- en korttermyn-pakkette.

www.hospicare.co.za

Kontak

Lina Nel vir inligting oor bystandsorg op 084 556 0205

Show More

Availability

Onmiddelike opname moontlik

Price

Vanaf R22 000 per persoon per maand - eenmalige opname fooi van R10,500

Images (click to view the gallery)

Read more about this facility

Has Available Accommodation

Hospicare Heidelberg Frail Care and Assisted Li...

Hospicare Heidelberg Frail Care and Assisted Living – Overview At Hospicare we are proud to share many years of expertise and experience in frail and home-oriented care. Hospicare is a specialist advanced care company that offers day-care, short-term, overnight, and long-term permanent resi...